Anika moord verdagte verskyn in die hof
Van Wyk is nog nooit voorheen in verband met die misdaad genoem nie.

Andreas Johannes van Wyk (24) verskyn Maandag in die Pretoria-Noord landdroshof nadat hy homself twee weke terug aan die polisie oorgegee het vir die wrede moord op Anika Smit.
Van Wyk is nog nooit voorheen in verband met die misdaad genoem nie.
Hy is ook geensins by die geregtelike ondersoek na haar dood betrek nie.
Hy het glo gesê hy kan nie langer met sy gewete saamleef nie.
Van Wyk is ’n oud-leerling van dieselfde skool wat die vermoorde meisie bygewoon het.
Staatsaanklaer Tania Carstens sê die klagte teen Van Wyk is verkragting, lykskending en moord.
Smit is op 10 Maart 2010 in haar pa se huis in Theresapark vermoor. Sy is verkrag, meswonde toegedien en beide haar hande was afgekap. Hulle is nooit gekry nie.
Haar pa Johan het op haar lyk afgekom. Smit was in daardie stadium 17 jaar oud en het die dag tuis gebly weens ’n oorinfeksie.
Lees ook:
Pretoria man doelbewus raakgery
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
