CrimeLocal newsNews

Moordverdagte terug in die hof

Hy sal in ’n enkelsel in Kgosi Mampuru II-gevangenis se hospitaalafdeling bly tot hy in die Weskoppies-psigiatriese hospitaal opgeneem word.

André van Wyk (24), wat aangekla is vir die moord op Anika Smit, was weer Maandagoggend in die hof.

’n Netjies geklede Van Wyk het stil en bedeesd in die Pretoria-Noord-landdroshof voorgekom.

Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, lykskending en moord.

“Daar word versoek dat hy (Van Wyk) na ’n distriksgeneesheer verwys word vir assessering rakende sy geestestoestand,” het die staatsaanklaer, advokaat Tania Carstens, tydens die hofverigtinge gesê.

Sy het aangevoer dat Van Wyk na ’n psigiteater verwys word vir volledige waarneming.

Smit is op 10 Maart 2010 vermoor. Sy is verkrag, meswonde toegedien en beide haar hande was afgekap. Die hande is nooit gevind nie.

Volgens ’n mediese verklaring wat voor die hof gebring is, kan Van Wyk nie beskryf wat by die moordtoneel gebeur het tydens Smit se moord nie.

Daar is aangevoer dat hy geheuverlies het, maar dat hy ook enige illusies of hallusinasies ontken.

Van Wyk se advokaat, Corrie Niewenhuizen, het in die hof gesê dat Van Wyk nog nie aansoek om borg sal doen nie.

Hy het geen beswaar gemaak teen die aanbeveling van psigiatriese waarneming nie.

As gevolg van beperkte beskikbaarheid in aanhoudingselle, het Carstens gevra dat Van Wyk in Pretoria-Sentraal-gevangenis se hospitaalafdeling aangehou word.

Van Wyk sal in ’n enkelsel in Kgosi Mampuru II-gevangenis se hospitaalafdeling bly, tot hy in die Weskoppies-psigiatriese hospitaal opgeneem word.

Die saak is tot 25 Oktober uitgestel.

Lees ook:

Nuwe gesig van Anika se moord aangekla

Man linked to Anika Smit death in custody

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button