Kurt Darren verwelkom nuweling
Kurt en Dunay Darren het Dinsdagoggend in 'n Kaapstadse hospitaal 'n babaseuntjie verwelkom.
Kurt Darren en sy ‘brawe’ vrou, soos hy na haar verwys, het Dinsdagoggend ‘n babaseuntjie ryker geword.
“Baie trots op my brawe vrou, pragtige babaseun gebore vanoggend om 08:10, 3,58kg en 51 lank, so geseënd,” skryf hy op sy Facebook blad.
Klein Kade is jonger boetie vir Kyrah, wie die paartjie in November 2014 verwelkom het.
“Ek is verskriklik opgewonde oor hierdie laaitie,” sê Darren.
Baie geluk aan die Darren-gesin.
Talle vriende het Darren op sosiale media geluk gewens.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

