CrimeLocal newsNews

Polisie en GPF slaan toe op dwelmgebruikers

Polisie en GPF slaan toe op dwelmgebruikers en kry ook ’n gesteelde voertuig terug.

Twee mense is met dwelms in hul besit in die noorde van Pretoria betrap en nog twee is in hegtenis geneem weens dronkbestuur.

Die Sinoville-polisie en die plaaslike GPF het Maandag op die misdadigers toegeslaan in die Sinoville omgewing.

“’n Man van 23 jaar is in hegtenis geneem deur die misdaadvoorkomingseenheid bygestaan deur Sinoville-GPF nadat 151 pakkies dagga met ’n straatwaarde van R4 500 in sy besit gevind is,” sê polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk.

Hy is op die hoek van Jeugd- en Dr van der Merwestraat aangekeer.

“Later die dag is ’n minderjarige seun gevang ook met dagga in sy besit,” sê Van Dyk.

“Hy is in die sorg van sy ouers vrygelaat.”

Lees ook: Die waarheid oor dwelms op straat

Albei sou binnekort in die hof verskyn.

Van Dyk sê die polisie het nog twee mense aangekeer toe hulle betrap is dat hulle onder die invloed van alkohol bestuur.

Albei is in Sefako Makgatho (Zambezi) rylaan voorgekeer.

“Die twee, 20 en 23 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn op aanklagte van dronk-bestuur.”

Op dieselfde dag is ’n gesteelde Wit BMW 120I in Sinoville teruggekry nadat die polisie en die GPF inligting ontvang het dat die voertuig in die omgewing is. Die motor is tydens ‘n inbraak in Witbank gesteel.

“Met die vennootskap tussen die GPF en die polisie is ons verseker dat misdaad ernstig bestry word,” sê Vernon Smith, voorsitter van Sinoville GPF.

“Die onlangse sukses bewys weer waarom ons as die beste GPF in Gauteng aangewys is.”

Polisiebevelvoerder Kolonel Johannes Ramakamakama Kekana sê dat die veiligheid van Sinoville se mense voorrang geniet.

“Ek wil ons polisie-beamptes en die GPF-lede gelukwens met hul suksesse en hulle bedank vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button