CrimeNews

NUUSFLITS: Meer rooftogte in die weste

Die skurke het ook sigarette van sowat R500 gegryp.

Rooftogte in Pretoria-Wes is aan die toeneem, sê Sektor 1 GPF voorsitter Eric Cordier.

“Inwoners voel asof hulle elke paar dae deur ‘n nuwe misdaad getref word,” sê hy.

In die jongste rooftog, het vier mans Woensdagaand ‘n winkel op die hoek van Buitekant- en WF Nkomo-straat beroof.

LEES OOK: Gesteelde Beeskraal bus glo in roof

Cordier sê die vier het die Tshwane Supermarket and Take Aways binnegestap en die eienaar met ‘n geweer gedreig.

Hy het magteloos toegekyk hoe hulle sy geldlaai leegmaak en met die kontant verdwyn. Die skurke het ook sigarette van sowat R500 gegryp.

Hulle het die enkele klant in die winkel van R60 beroof.

Niemand is beseer nie.

Hierdie was die tweede rooftog in minder as ‘n week.

In die eerste een – verlede Donderdag – is ’n supermark in dieselfde omgewing beroof – vermoedelik deur dieselfde vier mans.

Nadere besonderhede oor hierdie roof was nie onmiddellik beskikbaar nie.

LEES OOK: Three arrested for robbery in Eersterust

Cordier sê: “Ons het ondernemings al verskeie kere gewaarsku om nie hul deure so laat oop te hou nie want dit maak hulle ‘n teiken vir rooftogte.”

Oogetuies het gesien hoe die vier rowers in ‘n straat naby aan hulle teiken afgelaai en later by dieselfde punt opgelaai word.

Cordier vra inwoners om op die uitkyk te wees vir ‘n wit Toyota, wat vermoedelik in die twee rooftogte gebruik is.

LEES OOK: Elderly man shot twice in abdomen during robbery

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button