NASIONALE NUUS: Leerlinge vas na moord op Brits onnie
Twee leerlinge (16 en 17) van Rabboni-skool in Brits is laat vanmiddag in hegtenis geneem weens die moord op ‘n onderwyseres van die skool.

Esbie Koster( 50) van Brits is Dinsdag vermoor en haar liggaam is langs die Lethlabile-pad afgegooi waar ‘n verbygaande motoris die liggaam die middag ontdek het. Esbie Koster is in die nek geskiet en haar wit Volkswagen Citi Golf is laat Woensdagmiddag in Brits gevind.
Die Kormorant berig dat Esbie, ‘n geliefde inwoner van Daniestraat in Brits, by die Rabboni-skool naby Brits gewerk het en daar is onraad vermoed toe sy nie 14:00 by die huis opgedaag het nie.
“Toe haar man, Jan, om 17:00 by die huis kom en sy nie tuis was nie, het ons almal begin soek,” het ‘n vriendin aan Kormorant gesê.”
Die vriendin het op ‘n Facebook-blad gesien van ‘n liggaam wat in die veld gevind is en sy en haar man het na die toneel gery. “Jan was by die polisiestasie om Esbie as vermis aan te meld toe ons ontdek dit is Esbie se liggaam wat gevind is. Ons het hom gebel en die tragiese tyding oorgedra”, berig Kormorant.
Vir die volledige storie – besoek ons susterskoerant Kormorant.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.
