CrimeNews

NASIONALE NUUS: Roof en verkragting skok

‘n Huis in Bailliepark is op 24 November omstreeks 02:00 beroof. Een van die slagoffers van die roof, ‘n 18- jarige vrou is tydens die rooftog verkrag.

Potchefstroom Herald het berig dat ‘n huis in Bailliepark op 24 November omstreeks 02:00 beroof is. Een van die slagoffers van die roof, ‘n 18- jarige vrou is tydens die rooftog verkrag.

Volgens Brig. Sabata Mokgwabone het twee jong vroue en ‘n man  by die huis aangekom waarna hulle deur vier gewapende verdagtes oorval is. Twee van die verdagtes het glo vuurwapens gehad en die ander twee het messe gehad. Die drie slagoffers is in die huis ingevat waar hulle vasgebind is, sê Potchefstroom Herald.

“Die verdagtes het die huis geplunder waarna een van die verdagtes ‘n 18-jarige vrou verkrag het,” het Mokgwabone gesê.

Die verdagtes het in die slagoffers se voertuig gevlug. Die polisie ondersoek sake van huisroof en verkragting. Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie, sê Potchefstroom Herald.

Lees meer oor hierdie storie op Potchefstroom Herald.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button