Dieseldiewe gevang
Drie diewe en die bestuurder van die brandstoftenk is in hegtenis geneem.

Vier dieseldiewe is agter tralies danksy Sinoville-GPF en polisie.
Die diewe is Maandag op heterdaad betrap toe hulle brandstof uit ’n diesel-vervoertenk tap.
Sektor 3-GPF lede het drie diewe sien wegry met die gesteelde diesel en die polisie ontbied.
“Danksy die GPF kon polisie opvolg en suksesvolle inhegtenisnames maak,” sê polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Johan van Dyk.
Die drie diewe, wat met kanne diesel probeer wegmaak het, is naby Hammanskraal aangekeer.
“Die drie verdagtes wat met die brandstof weggery het sowel as die bestuurder van die petroltenk – waarvan hulle die diesel getap het – is in hegtenis geneem,” bevestig Van Dyk.
Al vier sal binnekort in die hof verskyn.
“Dis weereens ’n goeie voorbeeld van hoe Sinoville-GPF en polisie saamwerk om sukses te bereik en die veiligheid van ons mense in die gemeenskap te verseker.”
LEES OOK: Checkers-diewe gevang
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
