Drie broers in spogkrieket op Nuweland
Drie broers van Hoërskool Waterkloof moker Saterdag elk 100-talle op Nuweland-krieket.
Drie broers afkomstig van Hoërskool Waterkloof, het Saterdag stylvolle 100-talle aangeteken in ’n krieketwedstryd tussen die Westerlike Provinsie (WP) en Noord-Wes Provinsie (NW).
Pieter (27), André (25) en Janneman (20) Malan het elk 100-talle op Nuweland behaal.
Die oudste Malan-broer het vir WP gespeel, terwyl sy jonger broers in die wenspan was.
NW het die wedstryd gewen nadat die span 351 in 74 boulbeurte nodig gehad het om die wedstryd te beklink.
Lees ook: Krieket-speler blink uit
In die drie-dag wedstryd het die Malan-broers tydens die tweede dag oorheers.
Hulle onderskeie lopies was Pieter (117*), André (103*) en Janneman (135).
André het Sondag met Rekord oor NW se oorwinning gesels.
Hy sê dit was ’n uitstekende wedstryd en beide sy broers het dit ook baie geniet.
“Ons is oorspronklik van Nelsruit waar ons op laerskool al begin krieket speel het. Dis ’n passie wat al drie van ons deel,” sê André.
Ondanks ouboet Pieter wat in die verloorspan was, sê André is hy baie trots op sy jonger broers.
Lees ook: Jong Affie moker moontlike wêreldrekord met krieketkolf
ir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
