Adam Tas, ook bekend as Francois van der Merwe, het onlangs die Alumni Geraasmaker-toekenning vir sy besonderse bydrae in die vermaaklikheidswêreld ontvang.
As sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder is hy deesdae ’n huishoudelike naam.
Boonop is hy ’n oud-Garsie en het in 1999 gematrikuleer.
Hy is as Alumni-leerder een van Hoërskool Garsfontein se produkte waarop die skool baie trots is.
Daar is indrukwekkende prestasies in Adam se suksesvolle loopbaan wat uitstaan, wat onder meer insluit drie goue albums en drie platinumalbums, verkope van oor die 200 000 CD’s en hy hou ’n Guiness Book-wêreldrekord vir die meeste vol orkes optredes in 24 uur.
Hy het ook ook talle Sama-, Tempo- en Ghoema-nominasies ontvang.
Hy is onder die top vyf beste mansverkopers in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Verder is Adam die eerste Afrikaanse musikant wat nommer een op I-tunes was en hy is met ’n akoestiese I-tune opname beloon.
As akteur speel hy ook die hoofrol in Die Spook van Uniondale.
Hy het nie musiek studeer nie, maar wel joernalistiek en natuurbewaring.
En tussen al die musiek, liedjieskryf en TV-programme aanbied, is Adam ’n wildboer, pa en meer onlangs hou hy sy lyf ook rolprentmaker met ’n nuwe maatskappy wat hy onlangs begin het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
