NewsSchools

Menlopark vereer kultuur

"Kultuurkleure is aan 40 leerders toegeken en 132 leerders is met erekleure vir kultuur vereer."

Hoërskool Menlopark leerders wat in 2016 op die gebied van kultuur presteer het, is 30 Januarie vereer met kleure en erekleure.

Kultuurkleure is aan 40 leerders toegeken en 132 leerders is met erekleure vir kultuur vereer.

Op hierdie aand kry van die leerders ook die geleentheid om hulle talent ten toon te stel in die Atterbury-teater.

Die items het gewissel tussen instrumentele items, dans, redenaars, drama, ensembles, sang en koor.

Harm van Jaarsveld (gr.12) is aangewys as senior kultuurleerder van 2016 en Kian Taljaard (gr. 9) het die junior kultuurtrofee ontvang.

Die Menlo-koor het die aand op ’n besondere hoë noot afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button