NewsSchools

Montie-atlete hardloop voor

"Tydens ’n massa atletiekbyeenkoms wat Vrydag, 27 Januarie plaasgevind het, het die Montie-atlete skoonskip gemaak."

Die atletiekseisoen is in volle gang en leerders van Hoërskool Montana maak almal reeds trots.

Tydens ’n massa atletiekbyeenkoms wat Vrydag, 27 Januarie plaasgevind het, het die Montie-atlete skoonskip gemaak.

Ander deelnemende skole was Hoërskole Frikkie Meyer, Randburg, Rustenburg, Hugenote en HTS John Vorster.

Hoërskool Montana was die algehele voorloper met 243 punte voor die tweede skool.

Uit 138 items het Hoërskool Montana se atlete met 51 goue medaljes, 53 silwer medaljes en 35 brons medaljes weggestap.

Montana se seuns het algeheel eerste geëindig met ’n 77-punte voorsprong en die dogters ook eerste, met ’n 166- punte voorsprong.

Die hoogtepunt van die seisoen sal beslis die A-Bond Interhoër wat 24 Februarie te Pilditch plaasvind.

Montana is ook die gasheerskool van dié byeenkoms.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button