NewsSchools

Laerskool Queenswood se sport skitter

Laerskool Queenswood presteer in diskis.

Vier atlete van Laerskool Queenswood het Maandag 20 Februarie uitmuntend by die distriksbyeenkoms op Pilditch gevaar.

Otto Schnitter het die verspring vir seuns o.10 gewen en ’n tweede plek in die 80m-naellope behaal.

Shaylynn Stofberg het ’n derde plek in verspring vir meisies o.10 behaal.

Liam Pavier het die werpskyf asook die gewigstoot vir seuns o.12 gewen.

Pavier en Schnitter is albei gekies om die distrikspan by die Gauteng-atletiekbyeenkoms te verteenwoordig.

Pavier is ’n sportman wat vir seker dopgehou moet word.

Hy het onlangs die toekenning vir 2016 se laerskole sportman van die jaar ontvang.

Pavier het in 2016 sy eie wêreldrekord in gewigstoot vir seuns o.11 van 16.84m na 17.16m verbeter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button