Local newsNews

Winkels van buitelanders in Moot beroof

Twee voertuie het verskeie kere van die toneel gevlug.

Verskeie winkels in die besit van buitelanders in die Moot is elke aand beroof die afgelope twee weke.

Volgens ‘n woordvoerder van Kilnerpark Sekuriteit, Ancelize van der Kooi, ls strate rondom 30e Laan, tussen Collinslaan en Pierneefstraat, die afgelope 14 dae geteiken.

LEES OOK: Huisbraak in Kilnerpark

Winkels in Queenswood is ook beroof.

Volgens ooggetuies lyk dit of ‘n Wit Nissan Almera met getinte vensters en ‘n wit bakkie in die rooftogte gebruik is.

LEES OOK: Reaksie-offisier dood in ongeluk

Hulle het gesien hoe die twee voertuie by meer as een rooftog van die toneel af vlug.

Enigiemand met meer inligting kan Kilnerpark Sekuriteit of die polisie skakel.

LEES OOK: Pa praat oor Moot-held |

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button