NewsSchools

Hoërskool Montana trots op atlete

Die Monties het uitstekend gevaar en die skool baie trots gemaak.

Negentien Montie-atlete het die afgelope Vrydag en Saterdag (10-11 Maart) aan die Gauteng provinsiale skole kampioenskappe te Germiston deelgeneem.

Die Monties het uitstekend gevaar en die skool baie trots gemaak.

Die volgende atlete is opgeneem in die Gautengspan: Ruan Human verower goud met spiesgooi o.15, Jacques Oosthuizen verower goud met hoogspring o.15 en stel ’n nuwe Gautengrekord van 1,92m op, Neil de Villiers verower twee silwertoekennings vir 300m hekkies en 400m o.15, Carmi Prinsloo verower brons in 3 000m o.15 en stel ’n nuwe Gautengrekord 9:54:94min op, en Eduan Coetzee verower brons in 300m hekkies o.15.

Hierdie vyf atlete neem gedurende 29-31 Maart deel aan die SA skolekampioenskappe te Durban.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button