NewsSchools

Affies vier die erfenis van melktert

Sowat 600 melkterte is uitgedeel.

Melktertdag (27 Februarie) is vanjaar vir die derde keer by Affies gevier.

Onder aansporing van Cecilia Joubert, van die beheerliggaam, het ouers van heinde en verre melkterte aangedra om die dag vir die seuns spesiaal te maak.

Elk van die 1 312 seuns en ook die personeel kon in pouse aan ’n heerlike skyf melktert weglê.

Sowat 600 melkterte is uitgedeel.

Melktertdag word nou ’n jaarlikse kulturele instelling by Affies en die seuns lek by voorbaat in Februarie lippe af vir dié feesviering.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button