Twee leerders van Laerskool Witpoort het die naweek van 18 en 19 Februarie uitstekend gevaar met die Ekurhuleni boogskietkompetisie.
Charl van Heyningen het ’n eerste plek behaal met 288/300 punte en 27 x’e; ’n nasionale kwalifiserende rondte in die JMBU-styl.
X’e is ’n kolskoot wat vyf punte tel.
Gerhard van Wyk het ’n tweede plek behaal met 297/300 punte en 41/60 x’e op dag een en 298/300 punte met 35/60 x’e op dag twee.
Van Wyk het aan nasionale kwalifiserende rondtes in die CMBU-styl deelgeneem.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
