NewsSchools

Hoërskool Oos-Moot wen die Moot redenaars

Oos-Moot skitter in redenaars.

Tydens die Moot Redenaarskompetisie op 15 Maart tussen Hoërskool Hendrik Verwoerd, HTS John Vorster, Gereformeerde Skool Dirk Postma en Hoërskool Oos-Moot, het die Oosies as wenners van drie van die vier kategorieë uit die mondelinge-stryd getree. Die Oosies het soos volg presteer: Junior Engelse afdeling, wen Bibi Haasbroek, met Mica-May van Zyl in die tweede plek, terwyl Bibi Haasbroek ook ‘n derde plek in die Junior Afrikaanse afdeling verwerf het.

In die Senior Afrikaanse afdeling wen John-Henry McGeer dié afdeling en RC Voges verower die tweede plek. In die Senior Engelse afdeling het Megan Kightley gewen, terwyl John-Henry McGeer tweede plek behaal het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button