NewsSchools

Midstream se swemmers – voorwaar vissies in die water

Midstream College Primêre Skool se swemspan presteer merkwaardig.

Dis nou maar gewis – Midstream College Primêre Skool se swemspan het onlangs gewys dat daar net soveel swembadwater as bloed deur hul are vloei.

Die span het by die Tshwane Primêre Top Skole Gala as algehele wenners uit die stryd getree.

Die meisiespan het ook algeheel gewen en Veronique Rossouw, graad 7-leerder, is as victrix ludorum aangewys.

Veronique het die o.13-vlinderslag- en vryslagitems gewen en ’n nuwe vryslagrekord opgestel.

Asof dit nie genoeg opwinding vir een week was nie, het Midstream se B-swemspan toe ook sommer tydens húl liga op 3 Maart tweede geëindig.

Marita Havenga (swemorganiseerder) tesame met haar span toegewyde onderwysers en afrigters en die spanne van o.9- tot o.13-swemmers, het rede om trots te wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button