NewsSchools

Oos-Moot swemmer uitgenooi na SA jeugkampioenskappe 2017

Logan Truter maak oproer in swem.

Logan Truter is ’n graad 8-leerder aan Oos-Moot wat ongelooflike prestasies tydens die afgelope swemseisoen behaal het. Hy was aangewys as junior victor ludorum tydens die B-Liga Interhoër waar hy ’n bronsmedalje en twee goue medaljes geen het met ’n nuwe rekord in die 50m rugslag (o.14). Hy sluit sy swemseisoen op ’n ongelooflike hoogtepunt af met ’n uitnodiging na die SA Junior Swemkampioenskap wat van 18 tot 21 Maart in Durban plaasvind. In swemterme is dit deelname op die tweede hoogste vlak en ‘n uitsonderlike prestasie.

Werner en Corlia Botha (o.16) is ’n tweeling van Oos-Moot wat genooi is om van 23 tot 26 Maart aan die SA Swemkampioenskap (level 3) deel te neem. Corlia Botha het tydens die B-Liga Interhoër tweede plek in die 50m-rugslag, ‘n nuwe rekord en ‘n tweede plek in die 100m-vryslag behaal. Sy is ook derde op die senior victrix-lys van die byeenkoms. Werner het tydens dié byeenkoms ’n tweede plek in die 50m-borsslag behaal en is in die top 10 van die victor ludorum-lys van die byeenkoms.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button