Van braai, dans, partytjie hou en goeie samesyn kan niemand die mense van Witpoort veel vertel nie.
Dit is weer bewys met Kaalvoet Kleuters se mandjiedans, wat vir die eerste keer by Laerskool Witpoort gehou is.
Mense het in hul hordes opgedaag, almal geklee met hul stewels en hoede om ’n heerlike country atmosfeer te skep.
Die bale en tafels wat in die vierkant uitgepak is, tesame met die mooi weer, het gesorg dat daar heerlik gebraai en piekniek gehou is.
Country-musiek het ook gou die gaste se voete laat jeuk en daar is gedans, gelag en gekuier tot laat.
Springkastele, glowsticks en natuurlik ook die musiek en dansvloer het groot pret aan die jongspan verskaf.
Die skool bedank die ondersteunende ouers van Witpoort vir hul bydrae tot dié suksesvolle aand ter stywing van die kleuterskool se fondse.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
Dieting – the most stressful thing to do to yourself

