NewsSchools

Menlo-hokkie trap diep spore

Dit was ’n hokkiefees en die manne het mekaar behoorlik die stryd aangesê.

Menlo-hokkie se oud-spelers het onlangs ’n vriendskaplike wedstryd teen die huidige eerste span gespeel.

Die “ou manne” het vir die eerste keer in ’n lang ruk hul hokkieklere aangetrek en opgewarm vir ’n vuurwarm wedstryd teen die heelwat jonger eerste span.

Dit was ’n hokkiefees en die manne het mekaar behoorlik die stryd aangesê.

Die huidige eerste span het weggestap as die wenners van die wedstryd met die telling 3-2.

Vir die huidige eerste span was die wedstryd ’n belewenis omdat teen hul eertydse helde kon speel.

Die ou manne kon op hul beurt die jongeres leer om nie terug te deins vir enige teenstander nie.

Vir die oud-leerders was dit wonderlik om weer op die blou astro te kon rondhardloop.

Hulle sê dit het baie herinneringe teruggebring van ure se oefen en ’n heerlike spangees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button