NewsSchools

Laerskool Skuilkrans inhuldigingseremonie

Die skool het hom genooi om hul nuwe astro-turf sportvelde en hoofingang in te huldig.

Springbok-legende besoek sy alma mater.

“Op hierdie rugbyveld het die jong Fourie du Preez toe reeds as skrumskakel uitgedraf.”

Die voormalige Springbok-skrumskakel, Fourie du Preez, het Laerskool Skuilkrans op 28 Maart besoek waar hy sy rugbyloopbaan as jong seun begin het.

Du Preez was vanaf 1989 tot 1995 ’n leerder by Laerskool Skuilkrans in Murrayfield, Pretoria.

As onderhoofseun het hy toe reeds sterk leierseienskappe getoon.

Du Preez het in 76 toetse tussen 2001 en 2015 gespeel.

Hy was onder andere ook kaptein van die Springbokke.

Hy is een van die spelers wat die meeste toekennings vir sy spel ontvang het.

Die skool het hom genooi om hul nuwe astro-turf sportvelde en hoofingang in te huldig.

Vooruitgang en ontwikkeling is ’n prioriteit vir die skoolbeheerliggaam.

Hulle glo vooruitgang is belangrik en dat alles moontlik is, solank as jy “Omgee, Opbou en Aanhou” nastreef.

Du Preez sê: “Ek was bevoorreg en geseënd om die spel te speel waarvoor ek lief was en is dankbaar daarvoor. Ek het goeie geleenthede by Laerskool Skuilkrans gehad.”

Hy gee alle eer aan die Here, nie vir trofees nie, maar vir die krag om aan te hou en nooit moed op te gee nie.

Fourie du Preez het Laerskool Skuilkrans se nuwe astro-turf sportvelde ingehuldig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button