
Laerskool Swartkop se top atleet Rico Coetzer het sy atletiekseisoen op ‘n hoë noot afgesluit.
Hy het die afgelope naweek aan die SA Kampioenskap in Potchefstroom deelgeneem en goud in die 1 200m met ‘n tyd van 3:49 gewen.
Alhoewel hy die SA rekord net-net gemis het, het Rico kop en skouers in sy item uitgestaan deur die hele seisoen en dit reggekry om by elke vorige byeenkoms die bestaande rekord te verbeter.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
