Magalies Spesiale Skool Atletiek
Magalies Spesiale Skool het op 28 Februarie weereens as wenners by die streeks atletiekbyeenkoms uitgetree. Die kompeterende skole wat deelgeneem het, was Magalies, Suiderberg en Kwaggasrand. Magalies het met die volgende trofees weggestap: die Junior Victor Ludorum, beste veld-atleet, senior seuns, junior seuns, naellope en die Pro’rata trofee. Magalies het vir die 17e keer die …
Magalies Spesiale Skool het op 28 Februarie weereens as wenners by die streeks atletiekbyeenkoms uitgetree.
Die kompeterende skole wat deelgeneem het, was Magalies, Suiderberg en Kwaggasrand.
Magalies het met die volgende trofees weggestap: die Junior Victor Ludorum, beste veld-atleet, senior seuns, junior seuns, naellope en die Pro’rata trofee.
Magalies het vir die 17e keer die aflostrofee gewen en is vir die 14e keer as streekswenners aangewys.
Agt-en-twintig atlete het gedurende die streeksbyeenkoms gekwalifiseer om aan die Gauteng-kampioenskappe te Ruimsig te gaan deelneem.
Tydens die uitdunne is daar 24 medaljes gewen waarvan 10 goud, sewe silwer en sewe brons.
Veertien atlete is gekies om Gauteng te verteenwoordig by die jaar se LSOB-atletiekkampioenskappe wat in Durban plaasvind.
Gedurende dié kampioenskappe is daar 11 medaljes terug gebring, waarvan ses goud, twee silwer en drie brons.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
