Sportman van die jaar doen dit weer
Hy het dit reg gekry om by elke vorige byeenkoms die bestaande rekord te verbeter.
Laerskool Swartkop se top atleet Rico Coetzer het sy atletiekseisoen op ’n hoë noot afgesluit.
LEES OOK: SuperSport Rugby Challenge kicks-off
Hy het aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem en goud verwerf in die 1 200m met ’n tyd van 3:49.
Alhoewel hy die SA rekord net-net gemis het, het Coetzer deur die hele seisoen kop en skouers in sy item uitgestaan.
LEES OOK: Skitter-atletiek in bewolkte weer by A-bond interhoër
Hy het dit reg gekry om by elke vorige byeenkoms die bestaande rekord te verbeter.
Coetzer sit egter nie stil nie en oefen volstoom vir die skole landloopseisoen wat eersdaags begin.
Hy is vroeër ook aangewys as 2016 se Sportman van die jaar.
LEES OOK: Hoërskool Oos-Moot wen B-bond atletiekbyeenkoms
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
