NewsSchools

Hoërskool Eldoraigne – ATKV Redenaars presteer

Ons is voorwaar trots op ons sprekers wat hul goed van hul taak gekwyt het.

Hoërskool Eldoraigne het kranige sprekers wat sinvol kan oorreed en berededeneer in hul toesprake.

Ons redenaars het weereens hierdie jaar by die ATKV-Redenaarskompetisie se eerste rondte bewys dat hulle oor die vermoëns beskik om die gehoor te oorreed van hul standpunt en nie net kennis oor te dra nie.

Agtien Eldoraigne leerders het deelgeneem waarvan 14 deur is na die semi-finaal wat op 12 Mei plaasvind te Menlopark Hoërskool.

Ons is voorwaar trots op ons sprekers wat hul goed van hul taak gekwyt het.

By Eldoraigne moedig ons leerders aan om te groei in Afrikaans!

#redeneer #ATKV Sterkte aan die volgende leerders vir die volgende rondtes wat voorlê!

Gr 8: Christiaan Roux (Voorbereid), Leandré van Dijk en Liné Crafford (Onvoorbereid)

Gr 9: Jean Minique White en Leoné Smith (Voorbereid), Kayla Vogler (Onvoorbereid)

Gr 10: Anke Greyling en Simoné Holtshauzen (Voorbereid)

Gr 11: Miné Smit (Voorbereid), Rigardt Bester, Ciara Buytendorp, Ané Smith, Walri van Heerden (Onvoorbereid)

Gr 12: Kirstin Eloff (Onvoorbereid)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button