Na afloop van die eindronde van die Gauteng Skole-netbalproewe op 6 Mei by EG Jansen, is vyf Oos-Moot-netbalmeisies, in hul onderskeie ouderdomsgroepe, by die Gauteng Skole-netbalspanne ingesluit.
Vir sommige van die meisies is dit nie ’n eerste nie en was hul reeds as jonger spelers in Gauteng-spanne ingesluit.
Jana Dreyer (o.15), Danae Janse van Rensburg (o.16), Shani Maritz (o.17); en beide Alisia Bodenstein en Jana Kok as o.18-spelers.
Janse van Rensburg en Maritz was voorheen as o.14- en o.15-spelers in die Gauteng-skolespan.
Bodenstein was verlede jaar ook in die Gauteng-skolespan en Kok as o.15-speler.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
