Hoërskool Eldoraigne se jaarlikse koorfees het op 2 Mei 2017 plaasgevind.
Die volgende skole het deelgeneem: Laerskole Louis Leipoldt, Swartkop, Hennopspark se juniorkoor, Wierdapark en
Hoërskool Montana.
Hoërskool Eldoraigne se Eldo Ridente het puik vertoon onder leiding van die koorleier, Ferdinand Liebenberg en begeleier, Leanda Schelhaese.
Die koor- en kultuurkomitees het die koorfees ’n spoggeleentheid gemaak.
Die gaste is goed ontvang en het in netjiese lokale opgewarm.
Elke lid van elke koor het ’n bottel water en elke betrokke onderwyser van elke skool, het ’n mooi dankie-sê-geskenkie ontvang.
Anton Pottas en Ferdinand Liebenberg het vir elke koorleier opbouende notas op skrif gestel, wat lei tot die verbetering en uitbou van elke hardwerkende koor.
Dit is hoog op prys gestel.
Die koorfees beklemtoon die groei van Eldo Ridente in kwaliteit en kwantiteit.
As jy nie musiek waardeer nie, is jou siel doof – maar die Eldo’s maak musiek!
Die Eldo Ensemble onder leiding van Polyda van Niekerk het die gaste vooraf verwelkom en die opgewondenheid van elke deelnemer en gehoorlid, sal almal nog lank bybly.
Opreg dankie aan almal, wat hierdie geleentheid moontlik gemaak en ondersteun het!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
