NewsSchools

Hoërskool Eldoraigne – Bederfdag vir bejaardes

Op Woensdag 3 Mei, het daar inderdaad 187 bo-sestigers, kom kuier.

Op die eerste Woensdag van elke Meimaand, vind daar altyd ’n baie besondere geleentheid by Hoërskool Eldoraigne plaas: Bejaarde Bederfdag!

Dié geleentheid het jare terug ontstaan, toe ’n gemeente in die gemeenskap, die skool versoek het om by hulle seniorbyeenkoms, Oppikoppie Seniors, ’n paar items te kom lewer.

Die bywoning was so goed en die behoefte van leerlinge om hulle talente met oupas en oumas te deel, so oorweldigend, dat die kuier daar en dan ’n jaarlikse instelling by Hoërskool Eldoraigne geword het.

Op Woensdag 3 Mei, het daar inderdaad 187 bo-sestigers, kom kuier.

Tydens die geleentheid het die welwillendheidskomitee almal die trappe opgehelp waar nodig en almal by die hoofingang verwelkom.

In die saal is almal met koffie en tee bedien terwyl die Eldo Ensemble vrolike musiek gespeel het.

Om 9:30 het die verrigtinge begin met ’n baie gepaste opening deur die voorsitter van die welwillendheidskomitee, Pikkie Heymans.

Die koor en ensemble het opgetree en daarna het verskeie leerlinge gesing, gedans, drama opgevoer en instrumente bespeel.

Die program wat deur Me. Amanda Fouché saamgestel is, was ’n puik variasie van gepaste items vir die geleentheid.

Onder haar leiding en met begeleiding van Me. Helena Grobler, het almal goue ou saamsingliedjies uit die FAK gesing, waartydens verrassingspakkies vir dinamiese deelnemers uitgedeel is.

In ‘propperse’ Frans is Kristen Prinsloo deur oom Cassie Carstens bedank vir haar La Vie en Rose.

Carstens het ook Hoërskool Eldoraigne bedank.

Verversings is aan die einde van die geleentheid bedien en almal het die saal traag verlaat.

Gee is beter as neem, sê die spreekwoord…

187 bejaardes het die bederfdag bygewoon.
Op 3 Mei het HS Eldoraigne hul jaarlikse Bejaarde Bederfdag gehou.
Die bejaardes geniet die vertoning.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button