
Mev. Retha Knoetze van Hoërskool Zwartkop het die afgelope naweek in Kaapstad ’n hertoekenning van Nasionale kleure ontvang in ’n nuwe ouderdomskategorie (W 60+) vir stap.
Sy het in Maart vanjaar aan die WMACI 2017 (World Masters Athletics Championships Indoor) te Daegu in Suid-Korea deelgeneem.
Daar verower sy twee silwermedaljes in onderskeidelik die 3 000m RW (Race walk) en die 10km RW.
Gedurende Mei 2017 neem sy aan die SAMA (Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe) te Kaapstad deel en verower twee goue medaljes in onderskeidelik die 5 000m RW en die 10km RW.
Met die uitstekende prestasies, ontvang sy haar hertoekenning van nasionale kleure.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
