NewsSchools

Graad 7 Wieries wen Meesterbrein Kompetisie

Daar is onder meer gekyk na nuusgebeure van die afgelope jaar, wetenskaplike benaderings, wiskundige konsepte en bekende figure en verhale uit die Bybel.

Op Donderdag, 16 Maart het 57 graad 7-leerlinge uit ses verskillende laerskole na Hoërskool Zwartkop opgetrek om vir die titel van Algemene Kennis Meester van 2017 mee te ding.

Daar is onder meer gekyk na nuusgebeure van die afgelope jaar, wetenskaplike benaderings, wiskundige konsepte en bekende figure en verhale uit die Bybel.

Daar is potlode skerpgemaak, spiere gebult, baie gefrons, erg gekompeteer maar gelukkig meer gelag as gehuil.

Almal wat aan die kompetisie deelgeneem het, was dit eens dat die aand baie suksesvol was en dat die leerlinge dit vreeslik geniet het.

Die wengroep van die graad 7-deelnemers was: Chanré Botha, Marco Arndt en Elnette van den Berg van Laerskool Wierdapark.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button