NewsSchools

SKOOL: Zwarries in Centurion lewer puik prestasies

Zwarries deel kolskote uit terwyl redenaars Gauteng aan die brand praat.

Hoërskool Zwartkop in Centurion spog vandeesweek met hulle redenaars en boogskietspanne.

Abigail Wagner (gr.12) en Emma van der Walt (gr.10) het deurgedring na die ATKV-Redenaars se finaal.

Die twee dames gaan nou kragte smee op nasionale vlak om te wys dat die Zwarries ook ietsie het om te sê.

Dit is Van der Walt se tweede agtereenvolgende jaar wat sy op nasionale vlak gaan meeding in redenaars.

Verder is dit ook in die kol vir die Zwarrie-skutte wat spogprestasies gelewer het in boogskiet tydens die National Archery in the Schools Programme.

Dit vorm ook deel van die Copwatch Centurion-liga.

Die Zwarrie A-span het goud verower en die B-span brons in hierdie kompetisie.

Dries Cornelius het weggestap met twee goue medaljes as die beste senior seunskut, asook die algehele beste skut van die kompetisie.

Jeanette van Jaarsveld het ’n bronsmedalje gewen as die derde beste senior dogterskut.

Rian van Rensburg het ’n silwermedalje as senior seunskut ontvang asook die algehele tweede beste skut van die kompetisie.

Die dames wat Gauteng aan die brand praat in die redenaarskompetisie is van links: Abigail Wagner en Emma van der Walt.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button