NewsSchools

Tygies gee om tydens hemelvaart

So vier Laerskool Tygerpoort Hemelvaart.

By Laerskool Tygerpoort is Hemelvaart ‘n belangrike dag op ons kalender en word jaarliks op ‘n gepaste manier gevier. Hierdie jaar het Tygies vroeg die oggend op ons paviljoen bymekaar gekom om stil te word in ons pragtige natuur. Nadat ons ‘n pragtige boodskap van ds. Quentin ontvang het, het ons volgens ons jarelange tradisie duiwe en wit balonne losgelaat. Tygies gebruik ook hierdie dag om aan ons naaste te dink en kos in te samel vir die minderbevoorregte gesinne van ons skool. Hierdie jaar was ons so bevoorreg om soveel te kon kry dat ons ons eie koskas kon volmaak en ook kon gaan uitdeel aan Kunwini Welfare Centre. So maak ons bietjie vir bietjie ‘n groot verskil.

Foto 1.1: Alle Tygies op die paviljoen gedurende ons Hemelvaartdiens.

Foto 1.2: Wit balonne en duiwe word losgelaat.

Foto 1.3: Sonja Müller (bemarker Laerskool Tygerpoort), Lizelle Janse van Rensburg (BL: Befondsing en Bemarking), Marlizet Dempers, Tersia Gouws (beide van Kunwini Welfare

Organisation).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button