
Die halfeindronde van die ATKV debatskompetisie het by Afrikaanse Hoër Seunskool plaasgevind. Die Gauteng-uitdunne het 24 junior asook 24 senior spanne gehad wat gekompeteer het vir net vier plekke in beide afdelings in die hoop om deur te dring na die eindronde by Goudini Spa in die Paarl.
Ianthé Sipsma en Malique Ukena het in Debat S5 teen Hoërskool Menlopark gepraat. Hulle het ongelukkig hul debat verloor, en Absoluut Menlo het na die eindronde deurgedring. Martin Hanekom en Teresa Meyer (foto) het in Debat S9 teen Hoërskool Monument gepraat.
Hulle het ook ingestaan as ’n spookspan in Debat S10 omdat Hoërskool Noordheuwel teen Hoërskool Overvaal moes onttrek. Hanekom en Meyer het albei hul debate gewen en het algemeen sesde in die halfeindronde geëindig. Albei ons buite-afrigters, André du Toit en Rohann Eloff het onsettende harde werk en baie ure ingesit om hierdie spanne te help met hul toesprake en om hulle af te rig. Hulle is ’n bate vir die skool en behoort ’n belangrike rol in die ontwikkeling van Hoërskool Eldoraigne as ’n debatskool van formaat te speel.
