NewsSchools

HS Eldoraigne – Kultuurtoneel Presteer

‘Dubbelloop’ is genomineer vir Beste Ondersteunende Akteur (Luan Swart), Beste Beligting (Kayla Vogler), Beste Stelontwerp en verower Spesiale Meriete Toekennings vir Regie en Klankontwerp.

Dit was vanjaar die eerste keer wat HS Eldoraigne aan die gesogte FEDA-Toneelkompetisie deelgeneem het.

Ons tonele het uitstekend gevaar! ‘Dubbelloop’ en ‘Prediker 3’ het die skool by hierdie hoofsaaklik Engelse kompetisie verteenwoordig.

‘Dubbelloop’ is genomineer vir Beste Ondersteunende Akteur (Luan Swart), Beste Beligting (Kayla Vogler), Beste Stelontwerp en verower Spesiale Meriete Toekennings vir Regie en Klankontwerp. Dit behaal ook ’n A++ by die Pretoria Eistedfodd.

‘Prediker 3’ is deur na die top vier (uit 57) tonele. Hulle is verder genomineer vir Beste Aktrise Ianthe Sipsma en Kirstin Eloff, Beste Regie, Klankontwerp, Beligtingsontwerp en is aangewys as die wenners vir die Beste Nuutgeskrewe Teks! Hulle behaal ook ’n A++ by die Pretoria Eistedfodd.

Ons is voorwaar trots op ons toneel by Hoërskool Eldoraigne!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button