Hoërskool Overkruin se o.15-hokkiespan het vanjaar geskiedenis gemaak deur as Stadsbekerwenners vir Mediumskole 1 gekroon te word.
Hulle het vir Hoërskool Erasmus in die eindstryd 3-0 geklop.
Drie hokkiespanne van Hoërskool Overkruin is op pad om aan die prestige Noordvaalkampioenskap deel te neem.
Die o.14-span was nie net ligawenners nie, maar het 27 doele met geen teen hulle, gedurende die liga aangeteken.
Beide die o.14- en o.16-spanne is naaswenners van die Stadsbeker.
Die skool is dan vanjaar ook as top hokkieskool ( Mediumskole 1) gekroon.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


