NewsSchools

Laerskool Wierdapark trots op netbalspanne

Hulle is as Gauteng Kampioene vir 2017 aangewys.

Laerskool Wierdapark se netbalspanne word al hoe sterker.

Agt uit 12 spanne is ligawenners.

Die volgende spanne sluit die seisoen op ’n hoogtepunt af: o.10A en B, o.11A en B, o.12A, o.13A, B en C.

Die afgelope naweek het die o.12A en o.13A-netbalspanne aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem te Krugersdorp High.

Die o.12A-span het tweede geëindig en die o.13A-span het die beker verower met ’n finale telling van 21-10.

Hulle is as Gauteng Kampioene vir 2017 aangewys.

Dit is hul derde agtereenvolgende jaar dat hierdie span as Gauteng Kampioene gekroon word.

Hierdie span sal op 28-29 Julie aan die SA Kampioenskappe deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button