Van gediggies opsê kan jy die Kaalvoet Kleuters niks vertel nie.
Die Kaalvoet Kleuters van Laerskool Witpoort het op 1 Augustus 2017 aan ons jaarlikse Kleutertalentdag deelgeneem.
Elke kleuter het ’n gediggie ontvang tydens die Julie-vakansie en het hard geoefen om die woordjies onder die knie te kry asook om die gediggie korrek te interpreteer.
Die kleuters het hul gediggie in ’n kindervriendelike omgewing voorgedra.
Mammas, pappas, oumas en oupas het ook die geleentheid bygewoon.
Elize Steenkamp, eienaar van Artklop drama-ateljee, het die beoordeling behartig en ons is trots om te sê dat ons kleuters puik presteer het!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
