NewsSchools

Slimkoppe in Sandton

Hierdie slimkoppe van ouderdomme tussen 3 en 11, moes moeilike wiskundige berekenings op hul Soroban binne ’n vasgestelde tyd voltooi

Syfers stort in Sandton

Daar was ’n stortvloed van getalle en Soroban (die Japanese telraam) tydens die jaarlikse A+ Students National Championships wat op Saterdag 19 Augustus by die Sandton Convention Centre gehou is.

In hierdie prentjiemooi-omgewing het 750 van die organisasie se top leerders vergader om met mekaar mee te ding en terselfdertyd ’n stryd teen die horlosie aan te pak.

Hierdie toppresteerders het die nege provinsies van SA verteenwoordig.

Hierdie jong slimkoppe van ouderdomme tussen 3 en 11, moes moeilike wiskundige berekenings op hul Soroban binne ’n vasgestelde tyd voltooi – ’n tydsbeperking wat die meeste volwassenes sou laat bontstaan het.

Leerders gebruik hul Soroban vir optel, aftrek, deel, vermenigvuldig en selfs desimale berekeninge.

Hier volg die uitslag:

– 54 kinders van Centurion het aan die kompetisie deelgeneem.

– Sewe peuters (drie tot vyf jaar) van Centurion het eerste plekke in hul ouderdomskategorie behaal.

Party van hierdie jong genieë uit Centurion het ook gekwalifiseer om Suid-Afrika by die Pan-Afrika Abakus- en Hoofrekene Assosiasie (Pama) op 29 Desember by die Sandton Convention Centre te verteenwoordig.

Hulle sal dan teen 17 internasionale lande kompeteer.

Hulle is: Aiden Engelbrecht, Helen Rautenbach, Mikka Hattingh, Brinch Coetzee, Francois Conradie, Minka Steyn en Luke Taylor (afwesig).

Voorspoed aan al die leerders met die voorbereiding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button