NewsSchools

Hoërskool Akasia se koor is nootvas in ATKV-Applous 2017

Agt kore het aan die finaal deelgeneem in die kategorie nie-Afrikaanse hoërskoolkore.

Op Donderdag 3 Augustus het die ATKV-Applous Finaal vir kore op luisterryke wyse by Unisa plaasgevind.

Agt kore het aan die finaal deelgeneem in die kategorie nie-Afrikaanse hoërskoolkore.

Hierdie kore het bestaan uit seuns-, dogters- en gemengde kore.

Hoërskool Akasia het ’n tweede plek verwerf in die kategorie “Gemengde nie-Afrikaanse hoërskoolkore”.

Hoërskool Akasia het nog verder presteer en weggestap met ’n goue sertifikaat met ’n gemiddeld van 83,12 persent.

Daarmee verwerf hulle ’n algehele 4e plek van al die nie-Afrikaanse hoërskoolkore.

Die koor bestaan uit 89 leerders en die koorleier is Mnr Attie Rossouw.

Met die begeesterde begeleier het hulle van die 5e plek in 2016 na die 4e plek in 2017 gevorder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button