Die leerders het uitstekend gevaar by die jaarlikse TUT-kompetisie vir toekomstige ingenieurs.
Spanne het bestaan uit ’n maksimum van vier leerders en het teen leerders van ander skole deelgeneem.
Die prestasies is as volg:
Abri van Wijk, Francois Breedt en Dewald Megit behaal ’n eerste plek in die ‘Assemble a jica truck’ afdeling.
Cornel Meyer is die wenner in die ‘Electrical Enigneering’ afdeling.
Derick de Beer, Adriaan Griesel en Dewald Klopper behaal ’n tweede plek in die ‘Design a water balloon protector’ afdeling.
Werner Brunswick, Neil Coetzee, Leisje van der Merwe en Derick Ungerer se span kom tweede in die ‘Design and build a rolling hut’ afdeling.
Wian Pretorius, Arno Lombard en Janro de Jager behaal ’n tweede plek in die ‘Design and build a water filtration medium’ afdeling.
Christine van Wyk, Justin Swartz en Amore la Grange behaal ’n derde plek in die ‘Site planning and lay-out’ afdeling.
