NewsSchools

Leerders presteer in sport

Magalies Spesiale skool het gedurende die Julie vakansie, nege seuns gehad wat die Blou Bulle by die SA Ruby LSEN Craven Week by Glenwood Boys (Durban) verteenwoordig het.

Lethabo Mtshweni is gekies vir die SA LSEN rugby span wat deelgeneem het aan die Coca-Cola Akademie week by St Stithians College, in Johannesburg.

Suzan Ledwaba, Milano Mei Jonelda Joubert en Jellmarie Oersen is gekies om Gauteng Sokker vir leerders met spesiale behoeftes te verteenwoordig by die Sokker Kampioenskappe (wintergames) wat in Durban gedurende die Julie skoolvakansie plaasgevind het.

Die seuns het goud ontvang en die dogters het silwer medaljes verower.

Amogelang Tambekwayo is gekies om Gauteng Netbal (Wintergames) vir LSOB te verteenwoordig gedurende die Julie skoolvakansie wat ook in Durban plaasgevind het.

Die span het gedurende die Wintergames goud ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button