NewsSchools

Laerskool Witpoort wys GROOTFM se #SKOOLMETDIEBESTEGEES-projek ‘n ding of twee

Laerskool Witpoort het beslis gees.

Dis Lente. Dis die begin van ’n nuwe seisoen en Laerskool Witpoort, waar skoene ornamente is, het behoorlik vir die hele Suid-Afrika gewys hoe lyk ware geesdrif!

Op 1 September, was die Laerskool Witpoort gereed om vir vir GROOTFM se #SKOOLMETDIEBESTEGEES-projek te wys waarvan ons gemaak is.

Almal het Lentedag saam met Sharoney die gaskunstenaar gevier wat ons vermaak het met haar pragtige liedjies.

Shelley van Wetnose Animal Rescue Centre het kos ontvang wat die Witties geskenk het vir hawelose diere.

Die mooi dag is spesiaal aan die skoolmeneer Micheal opgedra.

Elke onderwyser het ’n mooi boodskap gedeel terwyl elke kind vir hom ’n briefie geskryf het.

Ons het 600 handgemaakte blommetjies oral op die gras ingesteek en uit volle bors ons Witpoort Kreet uitgebulder.

Ek moet sê ek is trots om deel van Witpoort te wees!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button