NewsSchools

Gimnastiek tops in Centurion

Jong gimnaste het op Saterdag 2 September aan die Gauteng kwalifiserende gimnastiekkompetisie by die Matsport- sentrum in Centurion deelgeneem.

Dertien seuns van Tshwane en Johannesburg het deurgedring om op 15 en 16 September aan die nasionale kompetisie deel te neem.

Die dogters se kompetisie, waar 76 gimnaste aan verskillende klasse deelgeneem het, was baie kompeterend.

Angela Maguire wat aan die senior Olimpiese-afdeling vir dogters deelgeneem het was algeheel eerste. Haar broer, Aiden, was algeheel eerste in die junior Olimpiese-afdeling.

Broer en suster Maguire sal Gauteng by die nasionale kompetisie verteenwoordig.

Aiden en sy afrigter, Gerhard Ferreira, het op Dinsdag 5 September na Engeland vertrek waar hy op uitnodiging aan die British Junior Championships gaan deelneem.

Angela, ’n eerstejaar TUKS-student, het pas teruggekeer van die Wêreld Studente Spele waar sy Suid-Afrika verteenwoordig het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button