Hoërskool Zwartkop het die afgelope week die hoofleiers vir 2018 aangekondig.
Die skool het ’n tradisie waar die uittredende leiers ’n “Geroep om te dien” -voorskoot oorgee aan die nuutverkose leiers.
Sarel Bester en Sharissa Prinsloo het hulle diensbaarheidvoorskote met trots oorhandig aan Alta Bruwer en Heinrich Nienaber.
Soos elke ander jaar, is hierdie prefekkorps pragtige leerders wat deur hulle mede-Zwarries in die amp verkies is. Ons gebede vergesel hulle op hul roete.
Hoërskool Zwartkop is saam hul dankbaar vir God se genade in hul lewens en vir onderwysers, ouers en maats wat oor hul loopbaan van elf jaar help vorm en bou het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



