NewsSchools

Zwarrie drama leerders presteer uitsonderlik

Zwartkop presteer behoorlik.

Rozaan Piekaar (gr.9) ontvang verskeie A++ simbole en ook die trofee vir die Beste Gedramatiseerde werk by die Pierneef Kunstefees.

Wilco Meyer (gr.11) ontvang sewe A++ simbole en word ook by die Pretoria Eisteddfod as Beste Monoloogspeler vir hoërskole aangewys.

Marisa Loots (gr.8) ontvang die trofee vir die Beste Konsertvoordragprogram vir gr.8 en 9 en word ook aangewys as die beurswenner vir gr.8 en 9 by die Pretoria Eisteddfod.

Marise Loots (gr.8) en Marni Jordaan (gr.8) word aangewys as die Beste Samespraakspelers by die Pretoria Eisteddfod

Diandra Slabbert (gr.9) ontvang 20 A++ simbole asook verskeie trofees as beste speler by die Pierneef Kunstefees,

Pretoria Eisteddfod en Artistikulta Kunstefees. Sy is aangewys as die wenner van die gr.8- en 9-afdeling asook die naaswenner van die Pretoria Eisteddfod.

Wian Coetzee (gr.11) ontvang verskeie trofees by ’n aantal kunstefeeste as wenner en word by Artistikulta aangewys as die Beste Drama leerder vir hoërskole.

Shani Loots (gr.10) neem deel aan verskeie dramakompetisies en ontvang ’n aantal A++ simbole. Sy word ook aangewys as die Beste Konsertvoordrag-programspeler by die Pretoria Eisteddfod.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button