NewsSchools

Zwarrie-FM steek kers op by GrootFM

Die Boekejol en Filmrolfees, in samewerking met GrootFM en Maroela Media, bied jaarliks ’n omroeperswerkswinkel aan.

Die omroepers van Zwarrie-FM het Donderdag, 17 Augustus 2017, ’n draai by GrootFM se ateljee gaan maak.

Die Boekejol en Filmrolfees, in samewerking met GrootFM en Maroela Media, bied jaarliks ’n omroeperswerkswinkel aan.

Hierdie werkswinkel gee die publiek die geleentheid om te sien wat agter die GrootFM-skerms aangaan.

Vanjaar het Marné Papenfus, Wian Coetzee en Erika Richardt die werkswinkel bygewoon.

Tydens die werkswinkel het ons Zwarrie-FM omroepers met die gesogte span van GrootFM skouers geskuur.

’n Verskeidenheid onderwerpe is bespreek, beoefen en beproef, o.a. Musiek deur Izaan Steenkamp, Verslaggewing deur Lindie Strydom en Nuus deur Francois en Susan Botha.

Su-an Müller-Marais het onderhoudvoering in diepte behandel.

Oud-Zwarrie, Hendri Myburg, het opnames en voorlesing met entoesiasme aangebied.

Ons sê dankie aan die GrootFM-span vir hierdie leersame ervaring.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button