Die afgelope naweek het Hoërskool Die Wilgers se eerstespan teen Hoërskool Akasia krieket gespeel.
Akasia het eerste gekolf en 309 lopies aangeteken.
Erich Venter van Hoërskool Die Wilgers het puik spel gelewer met die bal en het ses paaltjies geneem vir 48 lopies in 10 boulbeurte.
Hoërskool Die Wilgers het 310/8 in 38 boulbeurte gemaak en weereens het Erich Venter uitgestaan met die kolf en maak 200 nie uit nie van 95-balle.
Hoërskool Die Wilgers wen die wedstryd met twee paaltjies.
Die skool is saam met Erich Venter trots op sy merkwaardige prestasie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

