NewsSchools

Wittie wen Internasionale Afrikaanse-Ekspo in Poësie

Martie van Wyk presteer tydens die Internasionale Afrikaans-Ekspo.

Martie van Wyk, ’n graad 6-leerling van Laerskool Witpoort het puik presteer tydens die Internasionale Afrikaans-Ekspo

Sy het die volgende gedig ingegee in die Poësie-kategorieë: Hemel, Kan ek…, Tydsberekening.

Sy wen die kompetisie met haar pragtige gedig Kan ek…

Kan ek saam met die wind huil

En dans saam met die blare

Kan ek saam met die engele sing

En vloei soos die bloed in my are

Kan ek blom soos ’n roos

En draai soos ’n plaat

Kan ek brul soos ’n leeu

En bloos soos ’n granaat

Kan ek rus soos ’n klip

En oopmaak soos ’n deur

Kan ek liefhê soos God

En merke laat verdwyn soos ’n uitveër

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button